Uitvoer en Handels Navorsing

Carl Smit het 'n Meestersgraad in maritieme wet en jare se ondervinding op die gebied van internasionale bemarking. Hy was aanvanklik gebaseer in Durban en later in Johannesburg waar hy die pos as internasionale bemarkingsbestuurder gevul het. In hierdie hoedanigheid het hy bemarkings besoeke onderneem na lande soos Tanzanië, Kenia en Malawi. Hy het gevolglik 'n unieke begrip van internasionale handel in Afrika.

Sy internasionale bemarkings posisie het ook gelei tot besoeke na lande soos Italië, Duitsland en Kanada. Hy het op 'n gereelde grondslag handels afvaardigings van Denemarke, Roemenië en Kameroen ontmoet by die plaaslike Kamer van Koophandel. Hy het ook opgetree as assessor van skade en verlies met betrekking tot seevragversekering en het sake opgevolg vir skadevergoeding namens versekeringsmaatskappye. Sy ondervinding as Staatsaanklaer in die gebied van kriminele reg en sy spesialisering in sake van maritieme versekerings bedrog, plaas hom in 'n uitstekende posisie om advies te lewer aan diegene wie belangstel om handel te dryf op 'n internasionale vlak.

Carl woon in Tsjeggië sedert die jaar 2000 en het vele Europese lande besoek gedurende hierdie tydperk. Hy het 'n goeie begrip opgebou van die mark in Middel-Europa. Hy is gevolglik beskikbaar om brûe te bou tussen Suid-Afrika en Middel-Europa vir uitvoerders en handelaars. Carl is besikbaar om te help met handels navorsing, die vestiging van nuwe markte, die stigting van plaaslike maarskappye en die opstel of interpretasie van internasionale handels kontrakte.